Hello Damduikers!

Hallo daar fellow damduikers!

Welkom by my webtuiste, jissie was daar darem nou ‘n paar nuwe verwikkelinge die laaste tyd..

Ons het die club; Flight Risk Mc gelukkig net betyds van die grond afgekry vir die Buff, het lekker gebuff, effens van ‘n ompad via Ceres gery na Mosselbaai, bietjie reen gekry en lekker gejaag! Ons (Flight Risk Mc) het ook wel die naweek na die die Slukkers (Swallows Rally) bygewoon, so die maand, wel eintlik van einde Maart was bietjie choas!

Sal binnerkort biejtie nuwe trip reports tik, soos ons SALT (South Africa’s lowest temperatures) RUN wat ons in Junie 2009 gedoen het na onder andere Sutherland, die 2de koudste plek in SA!!… Ek sal ook al die foto’s upload, is so baie om te vertel en te wys..

Inelkgeval hoop darem jy sal ietsie interesant hier kry om na te kyk of te lees!

‘n Warm Flight Risk Groete,

Zollie

flight-risk-custom

Ps. Gaan kyk gerus na die trip reports section, ek is stadig maar seker om die “archive” van reports op te bou, e-mail my asseblief met jou reports / stories na die volgende e-mail addie, en onthou asseblief, ‘n storie sonder ‘n foto is so baie werd soos ‘n cone sonder roomys.. :) “zollie@damduiker.co.za”

BMW R1150R Rockster Edition 80

BMW R1150R Rockster Edition 80

Soos baie ander motor vervaardigers glo BMW om nie met n ontwerp te peuter as hy homself al oor en oor bewys het nie. Ek praat inderdaad van die sogenaamde “boxer” enjin ontwerp. As ek my opinie kan lig sal ek eerder dit toeskryf aan tradisie, want sover ek kan terug dink maak BMW gebruik van die enjin uitleg. Maar terselfde tyd het BMW ook hulle self bewys met die vier selinder fietse. Met soveel verskillende klasse in die twee wiel wereld was BMW verplig om ook so die trend aan te pas. Een van die mees gewilde klasse wat BMW bemeester het was op die toer fietse oftwel die “off road” klas. Hulle het nie so seer n groot hoeveelheid kampioenskappe gewen nie, maar die kopers getalle wys dat die GS modelle die meer populere model was. Ook in baie kringe sal jy hoor dat almal die GS van die model reeks goed ken. In die tagtigs was daar die R80 GS Dakar wat n goeie mark gehad het in europa, maar op daardie stadium was die Japanese fietse maar die meer bekende een.

20090623_bmw1

In 1997 het BMW die R1100GS bekend gestel, en kritiek was nie aan die kant van die ontwerp nie. Die ontwerp het bekend gestaan as die “duck nose”. Dit was nie baie moeilik om die term te vertsaan nie as jy na die ontwerp kyk nie.

20090623_bmw2

Die kritiek het gou ou nuus geraak en die GS het een van die mees populerste fietse ooit geraak. Die R1100GS het die GS naam so goed gedoen dan daar nooit weer gesukkel is om die GS weer te bemark vir toekomstige modelle nie.

As mens bietjie weg beweeg en gaan kyk na die ander minder bekende modelle van bmw, sal mens sien dat hulle egter n baie groot reek he tom vir die publiek aan te bied. Die reeks is van so aard dat mens n fiets sal kry vir elke behoefte.

Een van die klasse in die motorfiets sirkels is die “street fighter” klas. Nou n street fighter is hoofsaaklik n pad fiets wat ontwerp is om deur klein dorpies te ry en die inwoners bang te maak. Of in britanje word hulle geklasifiseer as verkeerslig renjaers. Dit is kosmeties baie mooi afgeronde fietse, met n ietwat abstrakte ontwerp. N tipe ontwerp wat nie sag is op die oog nie. En die idée is om nie n fiets te bou wat mooi lyk nie, maar eerder wat jou gaan laat skrik. Dit is ook in die klas wat BMW besluit het om in te tree. So in 2003 het hulle op die Munich motor skou die BMW R1150R Rockster Edition 80 bekend gestel. Dit was half n bekend stelling om twee vliee met een klap te bemeester. Die een is om n streetfighter te lanseer, en die ander een is om BMW Motorrad se 80 ste verjaardig te vier. Dit is waar die Edition 80 vandaan kom. Terselfde tyd was daar ook besluit om net 80 van die fietse te vervaardig, wat een van twee kant toe kon gaan. Die oorspronklike idée was om die n versamelaars item te maak, maar as gevolg van die beperkte getalle was hy nie baie bekend nie, so kopers het maar liewers die GS gekoop.

20090623_bmw3

Foto: Paul Nel

Wat ontwerp aan betref was die fiets uit en uit pad gerorienteer. Hy het wel dieselfde uiters bekende 1158cc boxer enjin gehad as die R1150gs. Die kosmetiese ontwerp van n streetfighter se enjin speel n baie belangrike rol. En in die geval lyk die boxer enjin uit stekend. BMW het ook net 2 kleure beskikbaar gestel vir die Rockster, dit was satyn swart en oranje, en satyn swart en lemmetjie groen. Die besluit om die twee lawwe kleure te gebruik is deel van die agter grond van street fighters. Een van die mees opvallende eienskappe van die Rockster is die alooi wiele wat gekleur kode is, en die oorlogs kleurskakerings uitleg. Die hele enjin is swart, met net die magnesium selinder koppe wat n donker blou is. Soos enige ander 1150 BMW fiets is die Rockster dryf as aangedewe, wat n baie gladder rit en krag oordrag verseker. As mens na die voorkant van die fiets beweeg kry jy twee kopligte, waarvan die linker kanste een kleiner is as die regter kanste een. N baie interestante ontwerp is die grootter koplig is dieselfde lig as wat in die E30 BMW (boksie) gebruik was. Groot aluminium lig monteerders word aan weerskante van die kopligte aangtref, wat baie goed by die res van die fiets pas.

Op die voorwiel is daar twee masiewe rem skywe, wat tot stiltand gebring word met twee selinder knypers aan weers kante.

As mens op die fiets klim is jou eerste reaksie dat dit nie n toer fiets is nie. Die handvatsels en die sitplek is baie ver uit mekaar uit, wat n le posisie meebring. Maar die posisie veresekr n postuur wat saam met die fiets pas. Die instrument panel is oud modies en alles is analoog. Die ontwerp laat n vraagteken, maar mens moet onthou dit is tog n streetfighter. Die ouer generasie GS het n digitiale paneel ontwerp. Net soos die lig ontwerp is die spoed meter grootter as die toere meter. En die een is swart en die ander een wit. Die fiets is afgemerk tot 240km/u en die toere begin rooi raak op 7000rpm.

Die agter sit plek word met n alluminium plaat bedek, en die reuse brandstof tenk van 20liter wat tussen jou kiee sit laat die fiets baie groot voel. Die toets model was met hand verwarmers, ABS, EBD, speed control, en n kant bagasie monterings rak as optionele ekstras toegerus. Die ABS is niks nuut vir ons nie, maar die EBD oftewel elektronies aangedrewe rem versterkers was n nuwe een vir my. Die EBD vereseker n baie sterk greep op die skywe, maar die negatiewe punte om die EBD was nie vir my die sous werd nie. Eerstens, as die fiets nie aangeskakel is nie werk die remme nie. Plus die elektroniese servos maak n baie irreterende gefluit. Dit is so hard dat mens dit in die rit deur jou valhelm kan hoor. En as jy by n vereekrlig staan en wag, dan kry jy te skaam om die fiets met die remme vas te hou as gevolg van die gefluit. Die remstelsel is uit stekend, maar die voorrem en die agterrem is met mekaar verbind, wat beteken 70% van die rem krag gaan na die voorwiel en 30% agter. Op swart en wit lyk dit baie indrukwekkend, maar dit het nie n indruk op my gelos nie. Ek wil volle beheer he oor die fiets en ek reken die trek van n agter rem sonder my beheer kan lelike nagevolge he. Agterste remskoene is hoofsaaklik kleiner en sagter as die voorstes. Omdat dit baie selde gebruik word. In die Rockster se geval word die agterse rem skoene baie meer vervang as die voorstes.

Wat die enjin betref. Die boxer twee selinder enjin is van BMW se bestes. Die wrinkrag lewering is van baie lae toere beskikbaar, so dit is nie nodig vir n agresiewe regterhand om te versnel nie. Die enjin het wel n kanteling as die toere op gejaag word as gevolg van die enjin uitleg. Die suspensie is uitstekend, en die agter suspensie is verstelbaar.

Maak reg vir baie oe by n verkeerslig, die fiets trek baie aandag, en dis n leker gevoel.

Opsomming

Die fiets is nie vinnig nie, die topspoed is n skrale 230km/u en ek twylel of hy n 0-100km/u onder 4 sekondes sal doen. N toerspoed van 160km/u is baie gerieflik, en wind is nie regtig n probleem nie. Die sesgang ratkas verskaf baie lae enjin toere, en dis is moontlik om in enige rat hard te versnel. Die fiets is n baie beter koop as die GS modelle, as jou plan is om teer paaie te ry. Die fiets is swaar, en tipies soos n swaar fiets is hantering ietwat traag. Die selinder koppe kan vir jou blou maer merries gee as jy nie versigtig is nie, en die dryf as is frustrerend.

Die rockster sal my persoonlike keuse wees as dit by BMW fietse kom

8 uit 10

Yamaha Vmax – First Ride

Ek het vanoggend wakker geword, en kon sommer ruik dat vandag ‘n goeie dag sal wees.

Vandag is die dag waarna ek nou al amper 4 jaar uitsien, ek gaan vandag die bull se horings gryp en hom grond toe bring, ek gaan vandag ‘n Yamaha Vmax ry.. Ek was al bang gepraat en bang gelees, maar dalk was dit ‘n goeie ding, wie weet 3 jaar terug sou ek dalk net nie “kon” nie..

Vir die wat nie weet nie die Yamaha Vmax is bike met sekerlik die grootste following, ek bedoel nou nie ‘n maak soos HD nie, maar ‘n spesifieke model. Die Vmax kom nou al van 1985 onverandered uit tot en mot 2007 – wel ‘n paar basiese verskille. (http://www.biker.net/vmax/vmax_history.htm )

Inelkgeval, na ‘n sequence van klomp random gebeure het dit eventually tot hier gelei tot vandag ( SV se gearbox, Saterdag by bikeshow sonder bike etc etc)

Okay so Hier gaan ons:

Ek’t aangekom by Morne se huis – dit is die huidige eienaar, wel die V-max het alreeds buite gestaan, dit was love at first site, ek’t verbygery en als het so stadig beweeg, net soos in die movies..

Ek’t parkering gekry en my kamera gegryp.. ‘n Vinnige paar picies geneem ..

Die bike het aanvaklik weg van die kompleks se ingang gewys, ek’t haar gestart dat sy eers bietjie kan idle. (Moet se ek’t harder verwag van die Zorsts wat op is, sal daai pype maar net kan vergelyk as iets tussen stock en aftermarket.)

Het haar opgesaal en in eerste gesit, ek’t dadelik agtergekom dit is definatief nie my SV nie, hierdie is ‘n meneer, die groote van die motor, die handlebars se vashou posisie, die gewig, die omdraai.. hehe

Het haar stadig in die kompleks afgery met die vrees vir die V-boost, wou nie my eerste V-boost ervaring in die parking lot van ‘n kompleks he nie..

Het maar  opgekruip na die hek en in die straat ingevaar. Sy was nou al mooi warm en met daai Dulph dulph dulph geluid van die groot 1200cc motor kon ek nie help as om te smile nie!

Het ‘n links gemaak en was amper onmiddelik by my eerste robot, het regs om die karre gegaan en heel voor gestop, hier het die mense in die karre al klaar vir my aangestaar, hul het die bike verbasend uitgekyk en ek kon nie help om die throttle bietjie te blip nie.. gulp gulp gulp GRowwwl….

Die puiltjie gaan aan en ek maak die regs draai, daar is niks voor my behalwe ‘n Hyundai bakkie in die verte, ek besluit nou is so goeie tyd soos enige ander om die “infamous” V-boost te toets..

Ek kyk af na die Rev meter , sien ek is sterk oppad 6 000 rpm toe, dis waar vir V-boost inskop, ek was nog besig om my kop te lug toe alles in Warp Speed verander en my kop terug in sy normale posisie getrek word.. Die pure krag druk my terug in die seat, my arms word reguit getrek die motor so tone verander van ‘n grasetende bokkie na ‘n Vleis vretende leeu!! Groowwwlll hier gaan ek….

Ek sien die Hyundai Bakkie al hoe nader kom, wag nee Zoom daar gaan hy ek is verby, wag hier is nog 2 karre voor hom, die V-boost is verslawend, ek Flick 2de toe, Zoom hy bly in die V-boost 3 de hier gaan ons, Yeaay die thrill die Adrenalien!!

Ek kyk af, moet my oe so bietjie squint want die Km/h is in klein groen geskryf… ek slat op die remme en is immers bly daar is braided hoses voor op, wel in my opinie sal daar meer van ‘n upgrade gedoen moet word, die groot monster is swaar en het baie stop krag nodig..

Ek vat so paar draaitjie en kan duidelik die “stabilizer” problem voel waarvan so baie kla, hy skud so gat so twee keer, ek hou die voorwiel reguit in die rigting waar ek wil gaan en maak hom weer so bietjie oop, die gat trek reguit, die bike het duidelik met my op sy kop geskud en probeer vir my se: “hey, wat maak jy!!?? Dis nie waarvoor ek gemaak is nie!!”

hmmmm dink ‘n stabilizer bar sal dit kan remedy..

All in all moet ek se, die bike is Fun, sal wel iets doen aan die wind weerstand, dink op lang trips mag dit net bietjie winderig raak.. Selfs dalk die gat so bietjie trim..

Wie weet, as al my planne uitwerk het ek dalk ‘n nuwe meisie in my lewe…  ;)

20090526_sdc12307

20090526_sdc12309

20090526_sdc12310

20090526_sdc12311

20090526_sdc12312

←Older